Shareholder protection philosophy in terms of the Companies Act 71 of 2008

Esser, I.-M. and Delport, P. A. (2016) Shareholder protection philosophy in terms of the Companies Act 71 of 2008. Tydskrif vir Hedensdaagse Romeins-Hollandse Reg, 79,

[img]
Preview
Text
116809.pdf - Published Version

240kB

Abstract

Die regte en remedies van aandeelhouers ingevolge die Maatskappywet 71 van 2008 word in hierdie artikel bespreek. Die doel is nie om die besonderhede van die remedies te be-spreek nie, maar om ʼn hoëvlak evaluasie van die beskerming van aandeelhouers ingevolge die wetgewing te doen. So ʼn evaluasie is wenslik en noodsaaklik om te bepaal of die filosofie soos beoog in die Maatskappywet van 2008 inderdaad geïmplementeer is deur spesifieke bepalings en om te bepaal hoe hierdie filosofie verskil van dié in die Maatskappywet 61 van 1973, asook hoe dit die gemeenregtelike reëls in hierdie verband wysig. Daar word aandag gegee aan die bestuur van maatskappye deur die verhouding tussen die direksie en aandeelhouers te ondersoek en te kyk na die direksiestruktuur en die aanstelling en afdanking van direkteure. Verder word gekyk na die regte van belange¬houers (“stakeholders”), remedies tot hulle beskikking en die regte van aandeelhouers ten opsigte van die vergoeding van direkteure. Daar word laastens ondersoek tot watter mate aandeelhouers bemagtig is om aktiewe aandeelhouers (in die bestuur van die maatskappy) te wees. Dit word gedoen aan die hand van die struktuur van eienaarskap van die tipies Suid-Afrikaanse maatskappy. Die agtergrond van die artikel is dus die verklaarde missie van die Maatskappywet dat dit aandeelhouersregte moet beskerm, aandeelhoueraktivisme moet bevorder en voorsiening moet maak vir beter beskerming van minderheidsaandeelhouers.

Item Type:Articles
Status:Published
Refereed:Yes
Glasgow Author(s) Enlighten ID:Esser, Professor Irene-Marie
Authors: Esser, I.-M., and Delport, P. A.
College/School:College of Social Sciences > School of Law
Journal Name:Tydskrif vir Hedensdaagse Romeins-Hollandse Reg
Journal Abbr.:THRHR
Publisher:LexisNexis Butterworths
ISSN:1682-4490
Copyright Holders:Copyright © 2016 LexisNexis Butterworths
First Published:First published in Tydskrif vir Hedensdaagse Romeins-Hollandse Reg 79
Publisher Policy:Reproduced with the permission of the publisher.

University Staff: Request a correction | Enlighten Editors: Update this record